7 April 2016
Tans sit ek op ‘n trein saam met Christine opad na Malan in
Milan. Dis hier waar ek begin terug
dink aan die laaste tydjie in Suid-Afrika.
2 Weke voor die skool gesluit het, was ek besig om te merk,
persoonlike kommentaar te skryf vir elke leerlinge oor die kwartaal wat verby was, my goed te pak om uit te trek uit Marc se huisie waar ek die afgelope 4 maande gebly het, en die vereistes vir my visas
reg te kry. Ek was taamlik gestres, en
alles was maar bietjie opmekaar. Ek het oorweldig gevoel, veral nou dat alles tot 'n einde gekom het. My gevoelens was deurmekaar, want ek was so opgewonde oor die avontuur wat voorle en dit wat ek voel God op my hart gesit het om te doen, maar terselfde tyd voel ek of ek die skool in die steek laat, en raak ek al hoe meer bewus dat ek al my geliefdes agterlaat.
Die 15de Maart 2016 het die skool vir my ‘n verassings
partytjie gehou. Ek het nog nooit een gehad nie. Ek het so bederf gevoel, en het net besef hier het ek 'n familie gebou wat ek nooit sal verloor nie. Daar was terte, en koekies en kase van alle soorte. Dit was net so spesiaal vir my gewees. Genade ek besef nou hoe mis ek my kollegas.
Daardie aand het ek saam met een van my beste vriendinne wat van Johannesburg gekom het, vining
besluit om erens iets te gaan drink. So
lekker gekuier en gesels. Ons het vir 3 ure, sonder ophou, gesels oor alles. Hulle troue, hoe goed God is, my vooruitsigte, en weer net hoe geseënd ons is.
Donderdag, die 17de
Maart 2016, het ek klaar gemaak by die skool. Hulle het spesiaal vir my 'n saal periode gereël aan die einde van die dag. 'n Paer kinders het opgestaan en 'n getuienis gegee oor wat ek vir hulle beteken het. Shjoe, dit het vir my so baie beteken. ek het nie besef die kinders is so lief vir my nie. Ek mis die klomp nogal erg. n was weg gestuur deur ‘n saal
byeenkoms wat die kinders vir my dankie gesê het.
Die aand, na skool, het ek by my sussie hulle ingetrek met al my goed. Genade, ek weet hulle moes ook bitter lief vir my wees om my so baie uit te help. Hulle het net so klein plekkie, maar hulle was bereid om al my goed met ope arms te ontvang, en met 'n glimlag. Dit kan vir niemand gemaklik wees om so iets te doen, en nog met so mooi hart ook. Altyd vrolik, altyd met 'n grappie by. As julle twee dit lees... So baie dankie vir alles.
Vrydag, 18 Maart 2016, het ek begin met my STCW kursus. Ons
het begin met die module: sekuriteit bewustheid. ‘n Ou wat in Iraq was as ‘n soldaat, en nou
sy eie sekuriteits besigheid besit het vir ons klas gegee. Ek kon nie op hou na hom luister nie. Hy het vertel van seerowers en die areas waar
hulle die seiljagte aanval. Hy het
vertel hoe ons sulke situasies moet handteer (cool, calm and collected). Die res van die week het ons noodhulp, brandbestryding, persoonlike sekuriteit en persoonlike oorlewings tegnieke aangeleer. Die brandbestryding was baie prakties, en die
een toets waar ons die suurstofmaskers aangehad het, en die vure moes gaan dood
slaan, was nogal erg vir my gewees, maar almal het dit gedoen, en dit het vir ons soos ‘n
oorwinning gevoel toe ons daar klaar is.
Daar na het 'n paer van ons by Hudsons gaan eet, en leker saam gekuier. Ons groep het nogal lekker saam gewerk, en was, buiten die stresvolle, en soms langdradige lesse, vreugdevol saam met die klomp. Daar was altyd 'n grappie of twee, en almal was daar vir mekaar. Ek het lanklaas so lekker saam met engelse mense gebond. Hahaha. Ons het na die laaste dag almal lekker saam in Mitchell's, Waterfront gekuier. Sien al die foto's hier onder.










Daardie selfde naweek het my ouers afgekom, en was dit die laaste naweek wat ek hulle gesien het voor ek gegaan het. Ons as gesin het so lekker saam gekuier en ook bietjie die kaarte uitgegooi en ‘n speletjie vir oulaas gespeel. Die mense die naaste aan my hart, en wat veraltyd net daar gaan wees. Soos wat ek nou hier sit en tik, besef ek ook, gedurende daardie tyd, was dit vir my erg gewees om baai te sê, maar aan hierdiekant, danksy die tegnologie, is ek nog elke dag met hulle op die foon, en kan ek met hulle my ervaringe deel.

Maandag die 28ste Maart 2016 het ek met my “Stewardess”
kursus begin. Alison, ons instrukteer,
was 27 jaar in die seiljag industrie.
Dit was so interesant om al haar stories te hoor en al die wysheidede
wat sy aan ons oorgedra het. Sy is glad nie die
algemene lektor nie, maar is oop en gemaklik. Candy was Alison se regterhand, en het ons baie gehelp. Ons het in die oggende begin met ‘n les, waar sy stories vertel, en belangrike informasie oordra, terwyl ons op die banke sit en kuister. Die middae het ons prakties
gedoen deur cokctails te maak, blomme te rangskik, bote skoon te maak, te stryk, tafel te dek en egte "silver serving" te doen en ook geleer hoe om met die masjien Latte's te maak. Die beste vir my was die wynkursus, en die kombinering van kos en wyn. Ek was so ingenome met John, ek het skoon sy nommer gevra om hom na ander mense te verwys. Hy het so baie kennis van wyn, en ek kon nie op hou luister nie.





Peter was die enigste person saam my op die kursus. Ons het saam in ‘n kamer gebly. Aanvanklik was ek bietjie skepties oor die saak, maar soos die week verby gegaan het, en ons mekaar beter leer ken het, was dit vir my regtig lekker om saam hom te bly. Ek het ‘n tipese ou verwag wat gewoonlik dink ‘n meisie moet al die werk doen, maar hy was ongelooflik. Hy het skottelgoed gewas, help skoonmaak, kos gemaak en was net 'n plesier om by te wees. Ons het die aande saam geoefen, en bietjie saam gekuier, en net so lekker gesels. Een van die aande wou ek alleen wees, want ek was heeldag was tussen mense, en was ek net vir een of ander rede bietjie geirteerd, egter oor geen rede, maar ek was. Ek het vir hom gesê om alleen te gaan draf, want ek gaan by ‘n vriendin kuier. Op die ou ent kon ek nie by die vriendin gaan kuier nie en hy het gesê hy gaan dan saam my kos gaan koop. Ek was eers “ai, tog” maar toe hy saam my gaan kon ek net eerlik wees en vir hom sê ek is bietjie bluh. Hy was so akkomoderend, en het verstaan. Ons het toe begin gesels oor die feit dat as ons op 'n seiljag werk, gaan ons ook so tussen mense wees, en moet 'n mens maar net eerlik wees wanneer sulke tye kom, want dit gaan gebeur.

Na die kursus het ek darem ‘n aand alleen gehad waar ek net kon rustig wees, my sussie hulle was bietjie uit gewees, en kon ek net bietjie reflekteer oor die kursusse daardie 2 weke. Ek het gedurende daardie tyd ook besef, dis tyd om koebaai te sê....
No comments:
Post a Comment