Nog steeds oppad na |Malan toe....
My eerste vlug was van Kaapstad na Du bai. Ek het langs ‘n vrou gesit wat van
Suid-Afrika kom, maar wat met 'n skot getroud is. Hulle het op die skepe ontmoet, en sy is nou
verwagtend met hulle tweede enetjie.
Haar man werk egter in Antibes, waar ek oppad is. Ons het so lekker gesels. Hy werk op die skip Ona, hopelik loop ek hom raak...
By Du bai het ek vir my melk gaan koop en my eerste Annique shake
gedrink. Dis hoe ek gaan geld
spaar. Hahaha. 
Die vlug Nice toe was baie lekker. Ek het nou nie mense langs my gehad wat ek myself mee kon vermaak met hulle stories, maar ek het heel voor gesit, met baie voet spasie, en kon lekker slaap wat ek nie die vorige vlug kon doen nie. Die uitsig op Nice was ongelooflik mooi, en het ek sommer opgewonde geraak...



By die lughawe het ek my sakke gekry, daar ‘n €11 buskaartjie gekoop (ja, maal met 17 dan is dit wat dit kos in rand…. Dis hoe my brein deesda werk) na Antibes. Christine het my daar kom haal, en na die Crewhouse geneem. Ek het gedink ek gaan hierdie avontuur alleen aanoak, maar as dit nie vir haar was die afgelope tyd, weet ek nie wat ek sou gedoen het nie. Sy was my grootste bron van informasie. Ek is so dankbaar vir haar hier naby my. Ons het later die dag vir my ‘n selfoon nommer gaan koop €30, en toe kos gaan koop. Ek het net melk gaan koop, want ek is mos nou nog op die shake…. Hahaha.

Ons het ook ‘n ou ontmoet wat “first mate” is op ‘n
seiljag. Hy het ons die aand genooi na
The Blue Lady. Ons het die aand daar
aangekom, en ekt ‘n glas wyn gekry vir €3,80. Ons het by ‘n tafel gaan sit, bietjie
gesels, en toe by hom gaan sit.
Christine het lekker daar gesels, maar wat my aandag meer getrek het was
die Italianer. Hy is seker 40 jaar oud, en sy vriend in die 70, maar ek kon nie
op hou lag vir sy stories. Hy was soos daardie ou in
die fliek “Life is Beautiful.” So vol
lewe, en vertel 'n grappie deur met sy hele liggam te verduidelik. Dit was so
snaaks. Hy het vertel dat die area ‘n
dieretuin is en die verskillende persoonlikhede jy kan heg aan ‘n dier, bv. die
gorilla is ‘n man wat elke keer skree as daar ‘n doel aangeteken word in ‘n
wedstryd. Hy is gewoonlik groot, en nie
so slim...... Klink dit dalk vir julle bekend??? hahahaha. Genade ek het gelag.


Die volgende dag het ek stadig opgestaan, want ek wou net
myself bietjie uitrus. Ek het toe my
nuwe nommer op my CV geplaas, en ook gesoek na vervoer na Malan in Milan. Hy het ons genooi om saam hom die naweek met
sy pelle na ‘n ski-oord te gaan in Cervinia.
Ek en Christine het besluit ons gaan nie die geleentheid verby laat gaan
nie, al lei ons honger vir ‘n paer dae, maar gaan, sal ons gaan. Ek kon toe nie ‘n kaartjie kry direk van
Nice nie, en het met Malan gesels. Malan het die voorstel gemaak dat ons daardie selfde dag na hom toe gaan, en ons spring toe in!!! Ons het binne ‘n uur ‘n trein kaartjie gaan koop (waar ‘n
baie nors tannie ons gehelp het, en ek het aanvanklik gedink het ons het haar dag net
nog suurder gemaak, maar toe ek my shake bottel daar vergeet het, en ek dit by
haar gekry het, het sy uit haar maag gelag… made someones day, check), en toe
gepak, en op die trein geklim. Ons het
tot by Vintimille of Ventimiglia, Italie gereis. Ons is nog steeds onseker
hoekom die spelling verskil, maar ons dink in Frankryk is dit die een, en in
Italie die ander een. Ons het op die trein ‘n ou tannie gekry, seker
so in haar 60, met ‘n paer sakke wat bang was sy sou die volgende trein
mis. Ons het haar toe gehelp op die
volgende treinstasie. As sy 5minute
later daar aangekom het dan sou die trein gery het.


Nou is 3 ure verby, en nog net ‘n uur dan is ons in Milan,
by Malan. Hahaha



















